Sel: 0695632328 / 0633109262 / 0826936095                                   Posbus 50701

e-pos: berkwin1@gmail.com                                                             Wierdapark

web: www.multinationsparty.co.za                                                   0149

DIE MULTI NASIES  PARTY ( MNP)                        

INLEIDING

Die MNP is ‘n nuwe politieke party en met hierdie party  breek ‘n  nuwe daeraad vir Suid-Afrika aan, want se doel is om die land nou op sy  finale politieke pad te plaas met die Registrasie van die Tradisionele Nasies van Suid-Afrika as Semi-soewerein,  met elkeen in sy eie gewaarborgde Tuisland/Domein en met die toekenning van ‘n Geregistreerde eiendom aan elke RSA burger wat nie eiendom besit nie en werk vir almal.

Die MNP gaan aan die volgende Algemene Verkiesing deelneem met die doel om ‘n volstrekte meerderheidstem te behaal

Die MNP is nasionalisties, demokraties en kapitalisties gefundeer en anti-kommunisties met ‘n afkeer van die ANC regering se verwoesting van Suid-Afrika met sy onwerkbare doktrines.

Die MNP het voorlopig 13 Tradidionele Nasies in die land Geregistreer om onder sy naam aan die eersvolgende Algemene Verkiesing deel te neem.- dus as ‘n super koalisieparty.

Fakatures vir die leiers en bestuur van hierdie Nasies moet nou dringend gevul en hul landswye  kantore  in berdyf gestel word om lede te werf en hul name op hul eie Nasies se databasisse te Registreer. Hierdie databasisse gaan dan gebruik word vir die Registrasie van eiendomme op die name van die betrokke Nasies se volksgenote en as basis vir werkverskaffing aan almal.

NASIES SE DOMEINE

Onder ‘n MNP Regering sal al die bestaande Geregistreerde Eiendomme in die RSA, saam met elkeen se Geregistreerde Eienaar, oorgeplaas word na die nuwe Nasie se Domein volgens keuse. Daarna word die onderskeie Nasies se Domeine gewaarborg deur die Grondwet met geen verdere vervreemdings nie. Dus sal alle bestaande Geregistreerde eiendomme, plattelands of stedelik ( woonstelle, winkels, fabrieke, plotte, plase, ensovoorts) individueel saam met hul Geregistreerde Eienaars, deel word van die Geregistreerde Domeine van ‘n gekose Nasie. In gevalle waar eiendomme aaneen skakel, kan dit ook as die betrokke Nasie se Sekuriteit Domein omhein word met die toepassing van toegangsbeheer.

Verder gaan elke Geregistreerde  RSA burger wat nie eiendom besit nie, Geregistreer/Medegeregistreer word op eiendom. So, byvoorbeeld, gaan informele nedersetters en woonstel bewoners se bestaande plekke van okkupasie as mikro Eiendomme Geregistreer word met die bestaande eienaars wat dit dan aan die okkupeerders kan verkoop, verhuur (met opsie om te koop) of skenk. Dieselfde sal ook van toepassing wees op die beplande plattelandse Miniplase – kyk web: berkwinptyltd.co.za..

Elke indiwiduele eiendom moet met die betrokke Nasie se eie embleem geïdentifiseer kan word.

Geen bewegingsbeperkings sal op openbare paaie van toepassing wees nie.

SEMI-SOEWEREINE  NASIES    

Die MNP erken die bestaan van verskillende Nasies in die RSA.

Die Multi Nasies van Suid-Afrika sal Semi-soewerein wees en die mense bly RSA burgers.

Die lede van’n Nasie is per DNS verbind wat hulle gesamentlik inspireer tot uitnemende prestasie. Die een-nasie-een-land konsep van die ANC regering se Kommunistiese doktrine is, behalwe vir die ander bekende foute, dus ‘n basiese katastrofiese fout vir die land met sy uiteenlopende kulture.   

Ook bied die Westerse demokratiese tipe partypolitieke stelsel, met of sonder ‘n koalisietipe regering, nie ‘n oplossing vir Suid-Afrika se veelvolkigheid nie

Suid-Afrika is met die briljante Dr  H F Verwoerd se  moord en die eskalasie van perspektieflose vyandigheid teen afsonderlike ontwikkeling van sy korrekte bestemming afgedwing. Sou die ANC eerder na Oliver Tambo geluister het vir onderhandeling in plaas van na Nelson Mandela vir gewapende terrorisme, sou Suid-Afrika nou reeds vir meer as 50 jaar op ‘n voorspoedige pad gewees het. Daarom is die MNP se beleid daarop gegrond om die ideaal van demokratiese veelvolkigheid van die ou Nasionale Party, weer in werking te stel, naamlik ‘n gemenebes van nasies in Suid-Afrika, vergelykbaar met die Britse “Commonwealth”. Gevolglik gaan die MNP voortbou om die trots in familie- , volks- , en rasgebondenheid te hervestig en aan almal werk, behuising en eiendomsekuriteit en ‘n gewaarborgde toekoms te voorsien.

In die soewereine multi-nasiestaat van die RSA sal daar dus ‘n aantal semi-soewereine nasies wees, elk met sy eie gefraktureerde grondgebied, met hul bevolkings geregistreerde RSA burgers en met hul demokratiese regte binne nasieverband, met gelyke verteenwoordging van elke nasie se meerderheidsparty in ‘n opposisielose RSA Parlement, met besluitneming gebaseer op ‘n meerderheidstem en met ‘n Veiligheidsraad met Vetoreg – dus ‘n bedeling in die RSA wat grootliks in lyn met wêreldpolitiek en die Verenigde Volke Organisasie is.

Dit is dus duidelik dat hierdie nie naastenby  ‘n herinstelling van “klein-apartheid” is nie, maar die implementering van die eindbestemming van Apartheid..

Die kiesers gaan die MNP instem in ‘n vry en regverdige verkiesing omdat dit duidelik is dat die MNP se beleid van veelvolkigheid die enigste uitweg is.       

Behalwe vir die huidige politieke en eiendom stelsels asook die afskaffing van die Provinsies, gaan basies niks van die land se bestaande strukture, byvoorbeel administrasie, belasting, finansies, munisipaliteite, vervoer, verdediging, polisiering, elektrisiteit, water,  ensovoorts in die nuwe bedeling verander  nie. Slegs A-politieke administratiewe stelsels, byvoorbeeld vir onderwys, vir die onderskeie Semi-soewereine  Nasies, gebaseer op die beginsels van die Provinsiale Administrasierade van die vorige bedeling, gaan in werking tree. Daarmee sal die verlore toekoms van die huidige ontwortelde Suid-Afrikaanse Nasies  herwin word en die ideaal van ‘n  “Verenigde Nasies van Suid-Afrika” verwesenlik word .

Maar, behalwe vir die retoriesgemelde probleme met die huidige regering en die skrikwekkende verval van die land, is die grootste ramp binne die huidige bestel in Suid-Afrika, wat skaars aangespreek word  en wat die land reeds byna onregeerbaar gemaak het, die land se onbeheersde bevolkingsaanwas. Dit moet gestop word. Die probleem word egter vererger deur die huidige se een-nasie-staat demokratiese party politieke stelsel in die land met sy domminerende onderdrukking deur die politieke meerderheid. Die  alternatief hiervoor is binne ‘n multi nasieverband met gelykwaardige status vir elke Semi-soewereine Nasie, ongeag getalsterkte en waar die leiers van elke Nasie volle verantwoordelikheid vir sy eie  mense in sy Geregistreerde Domein neem en sonder wedersydse bedreiging.

??Die Nasionale Vergadering, met minstens 3 setels vir elke Nasie met proporsionele verdeling van setelsdaarna , met ‘n gekose Kabinet en die Staatspresident as die Staatshoof, word beplan om die land te regeer.

MNP KONSTITUSIE

Die MNP is ‘n wetsgehoorsame Politieke Party, gebaseer op demokratiese en kapitalistiese beginsels.

DOELSTELLINGS VAN DIE MNP

Om ‘n Multi Nasies Republiek van Suid-Afrika te skep.

Om aan die eersvolgende Algemene Verkiesing deel te neem en dit met ‘n volstrekte meerderheid te wen en daarna, as die nuwe regering, ’n referendum uit te roep vir die instelling van ‘n Multi Nasies Republiek van  Suid-Afrika met ‘n gewaarborgde Domein vir elke Nasie, sekuriteit en eiendom en werk vir elke RSA burger.

REGISRASIE VAN NASIES EN HUL HOOF- EN TAKKANTORE

Die ondergenoemde Nasies is voorlopig deur die MNP Geregistreer vir kennisname. Bevestigings hiervan, wysigings en aansoeke vir bykomende Registrasies, moet so spoedig moontlik deur voornemende leiers van die onderskeie SA Nasies na MNP Hoofkantoor per e-pos: berkwin1@gmail.com gestuur word.                                                                                              

VOORGESTELDE  NASIES                                                                 VLAG KLEURE

Afrikaner Nasie – Afrikaanssprekende wit mense van Europese afkoms.            (wit/oranje)

Britsan Nasie vir Engelssprekende Suid-Afrikaners van Britse afkoms.            (blou/rooi)

Suid-Afrikaanse Nasie vir kleurlinge en ander volgens keuse van inheemse

oorsprong en van Europese/Oosterse afkoms.                                         (geel/bruin)

Indisan Nasie vir mense van Indiese en Pakistan afkoms.                         (pers/geel)

Khoi-Griekwa Nasie.                                                                             (bruin/blou)

Boesman Nasie.                                                                                    (geel/wit)

Pedi Nasie.                                                                                           (swart/rooi)

Tswana Nasie.                                                                                      (swart/bruin)

Venda Nasie                                                                                         (swart/pers)

Tsonga Nasie.                                                                                       (swart/geel)

Ndebele Nasie.                                                                                      (swart/blou)

Xhosa Nasie.                                                                                         (swart/goud)

Zulu Nasie.                                                                                           (swart/groen)

Die formaat van die aansoeke, insluitend vir Registrasie van die Nasies se Hoofkantore, word in #Aanhangsel A uiteengesit. Die inligting moet stiptelik in een sel van ‘n Excel program as ‘n “attachment” by die e-pos ingedien word. Die betrokke Nasie se toegekende FNB bankrekening nommer sal na Registrasie van die Party voorsien word.

Weens die omvangrykheid van landwye beheer, word die verantwoordelikheid vir die administratiewe en fininansiële bestuurstelsels, volledig gedeligeer na elke betrokke Nasie Hoofkatoor en hulle ondergeskikte kantore. Soos vermeld, kry dieNasie Hoofkantoor ‘n FNB bankrekening nommer, wat deur Berkwin (Edms) Bpk , die gekontrakteerde Diensverskaffer van die MNP toegeken word. Elkeen van die ondergeskikte Kantore moet hul eie bankrekening, verkieslik ook by FNB,  oopmaak. Elke Nasie Hoofkantoor is dus verantwoordelik vir die stigting en beheer van sy  9 Provinsiale Kantore wat elk verantwoordelik is vir die stigting en beheer van die Munisipale Kantore  in die Provinsie en wat op hul beurt verantwoordelik is vir die stigting en beheer van hul Satelliet Kantore  in voorstede / woongebiede en  dorpe. Weens die oneweredige demografiese verspreiding van bevolkingsgroepe, word beraam dat daar in totaal 100 of meer Kantore vir sommige Nasies geskep sal moet word. DieRegistrasie van die gemelde kantore met hul personeel moet ook op Excel databasisse  uitgevoer word (kyk #Aanhangsel A).

Die personeel van die kantore moet minstens uit die volgende bestaan met ‘n aanbeveelde maandelikse vergoeding, gebaseer op inkomste gegenereer. Politieke Leier / Bestuurder (R5000,00), Adjunk Politieke Leier / Assistent Bestuurder: Finansies, Eiendom en Werk toekenning en Bemarking (R4000,00) en ‘n Assistent Bestuurder: Personeel en Excel Databasis (R4000,00). Satelliet Kantore moet bykomend twee of meer Werwing Verteenwoordigers (R3500) aanstel. Afhangende van die inkomste, sal die vergoedings ook dienooreenkomstig aangepas word.

Satelliet Kantore is verantwoordelik vir die werwing en daarna ook vir die Registrasie van die Nasie Lede op hul kantoor se Interne Excel Databasis (#Aanhangsel A) asook vir die invul van Geregistreerde Kiesers op Aanhangsel B wat ingevolge Wetgewing vereis word vir die Registrasie van die MNP as ‘n nuwe politieke party. Bykomende fotostate van hierdie vorm moet gemaak word aangesien die MNP minstens 15000 (of meer) Geregistreerde Kiesers op hierdie lyste moet voorsien om as ‘n nuwe politieke party te Registreer. Hierdie lyste moet sorgvuldig deur Satelliet Kantore bewaar word totdat dit op aanvraag na die MNP Hoofkantoor gestuur moet word.

           Die Nasie Ledegeld, nie verpligtend, isR20,00 (of vrywillig meer) per  lid per maand. Die geld moet gedeponeer word by ‘n gerieflike ATM in die bankrekening van die betrokke Satelliet Kantoor. Die Lid se ID no en eerste 5 letters van die Lid se Van en die Selfoon nommer as verwysings, moet op die ATM deposito strokie.ingetik word. Hierdie besonderhede moet vooraf in skrif vir die Lid gegee word en ook die versekering dat elke Geregistreerde Lid van die Nasie deur die MNP as nuwe RSA Regering  van ‘n Geregistreerde eiendiom en werk voorsien gaan word. Die ATM deposito strokies moet sorgvuldig deur die Lede bewaar word om as bewys van inbetalings te dien.

–           Die inkomste van Satelliet Kantore uit Ledegeld word gebruik vir personeel vergoeding en ander uitgawes, insluitend vir die toekenning van werk en bemarking van die produksie (kyk ook Mikroplase) hieronder.

–           Die doel moet wees dat elke Satelliet Kantoor 5000 of meer Nasie Lede moet werf..

–           Na ontvangs van die bank se maandelikse kennisgewings van deposito’s wat inbetaal is, moet die Satelliet Kantore se Excsl Databasisse ( kyk Aanhangsel A} dienooeenkomstig opgedateer word.

Landsburgers wat nie deur Nasie Kantore gekontak is nie,  kanself met ‘n gekose Nasie Kantoor kontak maak of kan ook self aansoek doen vir Registrasie as ‘n Lid van enige van die bogenoemde Geregistreerde Nasies deur ‘n deposito van R20,00 (of vrywillig meer) by ‘n FNB ATM in Berkwin (Edms) Bpk se FNB rekening no 63064961874 (die gekontrakteerde Diensverskaffer van die MNP)  te maak.  

Die Aansoeker moet die eerste 3 Letters van die betrokke Nasie se hierbogemelde Naam, sy/haar persoonlike ID nommer en Van (slegs eerste 3 letters) asook die selfoon nommer, as verwysings (in totaal 29 karakters) op die bank deposito strokie aanbring. Berkwin sal dan hierdie besonderhede na die betrokke Nasie se Hoofkantoor stuur.

20% van die totale maandelikse inkomste van ‘n Nasie se Satelliet Kantore moet maandeliks na hul betrokke Munisipale Kantoor se bankrekening oorgeplaas word, wat ook vir funksionering van die Munisipale Kantoor gebruik moet word. Ook moet 20% van die totale maandelikse inkomste van hierdie Kantore maandeliks na die Provinsiale Kantoor se bankrekening vir sy funksionering gestuur word. Die Nasies se Provinsiale Hoofkantore moet ook maandeliks 20% van hul totale maandelikse inkomste na die bankrekening van die Nasie se Hoofkantoor oorplaas, wat ook aangewend word om uitgawes van die Kantoor en die Nasie te dek. Die Party Hoofkantoor moet ook 20% van sy totale maandelikse inkomste na Berkwin (Edms) Bpk se FNB rekening no 63064961874 (die gekontrakteerde Diensverskaffer van die MNP) oorplaas, soos vereis deur die Diensverskafferkontrak.

MIKROPLASE

Na die Registrasie van Lede, moet die Party se Satelliet Kantore dadelik voortgaan met die werktoekenning van die Lede. Dit kan op enige wyse gedoen word, maar veral met die afbakening van Mikroplase, saamgestel uit pakkies van 40 van verkieslik aanliggende woonerwe in stedelike gebiede en dorpe. Kontak met perseel eienaars kan met behulp van hekplakkers (kyk Bylae A hieronder) gemaak word. Daar moet dan deur die betrokke Kantoor ‘n formele ooreenkoms (kyk Bylae B hieronder) met die Geregistreerde eiernaar van die eiendom aangegaan word vir akkerbou op ‘n geskikte deel van die eiendom van minstens 8 meter x 8 meter of 64 vierkant meter, vir 2 Geregistreerde, verkieslik getroude lede of man en vrou wat in vaste verhouding is, as werkers van die betrokke Party. Produkte is vir eie gebruik van die werkers. Oortollige produkte kan verkoop word teen ‘n ooreengekome prys. Die betrokke Party se Satelliet Kantoor moet die produksie en bemarking van sy Mikroplase bestuur, byvoorbeeld met straatverkope. Daar sal noodwendig ook vir pendelvervoer vir werkers vanaf hul eie huisvesting voorsiening gemaak moet word in gevalle waar inwoning op Mikroplase nie by kontrakte ingesluit is nie..

Vir inskakeling vir werk en huise op Miniplase in die Tradisionele Swart Tuislande en staatseiendomme, kan daar met Berkwin se Werkskepping Franchise Takke (kyk web www.berkwinptyltd.co.za) geskakel word.  

HERSTRUKTURERINGS

Benewens  die ander gemelde beleidsrigtings, geld veral ook die volgende kritieke punte:

Enige RSA burger het die reg om as ‘n privaat gewapende / ongewapende geregsdienaar / landsverdediger in die openbaar, met of sonder ‘n privaat univorm, op te tree en enige verdagte persoon vir identifisering te daag en by wanprestasie te arresteer. .

MNP  ADMINISTRASIE

Berkwin (Edms) Beperk, Reg no  2015 / 102124 / 07, web adres: www.berkwinptyltd.co.za  is die gekontrakteerde Diensverskaffer vir die administratiewe en finansiële bestuur van die MNP.

MNP STIGTINGSVERGADERING

Die datum en plek van die MNP Stigtingsvergadering sal weldra bekendgemaak word.

Almal is welkom om by te woon.

Besprekings vir bywoning kan onmiddellik gedoen word @ R100,00 per persoon en moet deur middel van ‘n deposito in MNP se FNB rekening no 63064961874 gemaak word  met vermelding van die ID  no en Van van die deponeerder op die deposito strokie. Die depositostrokie dien as toegangspermit vir die vergadering.

Die sluitingsdatum vir besprekings is 30 Junie 2024.

KENNISGEWINGS

Tussentydse MNP Leier: Mnr Jan Harm Labuschagne.

Skakelbeampte: Me Lana Barnard (sel 0695632328)

Goedkeuring word gegee vir die maak van kopieë en vergrotings van die MNP embleem. 

Skenkings aan die MNP moet in Berkwin (Edms) Bpk se FNB bankrekening no 63064961874, die gekontrakteerde Diensverskaffer van die MNP, gedeponeer word met die nodige verwysings. Die fondse sal aan die betrokke Nasie Hoofkantoor oorbetaal word. Die besonderhede van die borge en  skenkers sal  bekend gemaak word.